News & events

News

03 March 2012

Voorstel: Kodesa vir grond

Kim Trollip

Kenners, akademici, navorsers, regeringsamptenare, regslui en landbou-organisasies het Dinsdag in Kaapstad ure lank met die grondhervormingskwessie geworstel, maar selfs húlle kon nie eenstemmigheid bereik nie.

“Ons moet een of ander tyd kant kies (in die debat) en dan het ons ’n stryd,” het dr. Gavin Capps van die Universiteit van Kaapstad gemaan.

Me. Fatima Shabodien, uitvoerende bestuurder van die Vroue op Plase-projek, het reguit gepraat. “Ons het ’n Kodesa oor grond nodig. Ons word beskuldig van emosioneel raak oor grond, maar Raymond Ackerman sal ook emosioneel raak oor Pick n Pay.”

Dr. Jack Armour van Vrystaat Landbou het teruggekap: “Waarom het ons deur ’n grondherstelproses gegaan as ons dan nou ’n Kodesa moet hou? Die Vryheidsmanifes sê die grond behoort aan almal, maar daar is nie ’n regeringsprogram daarvoor nie.” 

Dr. Peter Jacobs van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) wou vroeër weet of die Suid-Afrika “getroud” is met die teiken van 30% vir grondhervorming en waarom die nasionale beplanningskommissie 20% suggereer. Amptenare van die departement van grondhervorming wou dit ook weet.

Reference: related web-link 

Read the full article here:

Kim Trollip

Related Articles