News & events

News

09 October 2019

Grondhervorming: Is onteiening sonder vergoeding die magiese ‘silwer koeel’ of is dit ‘n (berekende) skoot in die donker?

Litnet.co.za

Die oorgang na ’n grondwetlike demokrasie in 1994 het ’n indringende en omvattende grondhervormingsprogram vooropgestel weens jare lange koloniale en apartheidsbenaderings tot grond. ’n Uniek Suid-Afrikaanse program sluit herverdeling van grond, grondbeheerhervorming en restitusie in. Wat herverdeling van grond betref, is ’n opemark-benadering gevolg, gefundeer op die gewillige-verkoper-gewillige-koper-beginsel (GVGK-beginsel). Toenemend is aansprake gemaak dat die GVGK-beginsel grondhervorming omslagtig en uitgerek, asook duur en onvolhoubaar gemaak het. Een of ander intervensie was vervolgens nodig, enersyds ’n aanpassing of regulering van die mark waar grond en eiendom vir grondhervormingsdoeleindes verkry word, en andersyds, ’n aanpassing van die raamwerk waarbinne onteiening funksioneer, om dit meer op een lyn met die Grondwet te bring.

Die volle nuusberig is hier beskikbaar.

Litnet.co.za

Related Articles